Saturday, 23 April 2011

Keuses

Ek sukkel nog altyd met die idee dat my keuses in konflik met God se Wil vir my lewe is.  Maar ek het vanoggend besef dat dit een van die grootste leuens is wat die duiwel en ek self vertel.  Die punt is, ek het die vryheid om te kies - danksy Jesus Christus se Kruisdood.  Want sien, dit was die hele punt van Sy Dood - dat ek en jy en almal wat WIL KIES, KAN KIES.  Gelukkig besef ek ook nou, dat wat ek ookal wil kies, ek dit nie sonder God wil doen nie en dat Sy Wil vir my nogsteeds die beste is.  Dis nou wat ek WARE VRYHEID noem ...

Friday, 15 April 2011

Waar om te begin

Ek weet nie hoe of waar om te begin nie.  Ek weet ook nie hoekom nie.  Al wat ek weet, is dat daar in die woordjie "begin", hoop le.  Miskien beteken die woord, "begin", HOOP.